Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG-rugby skop die bal mis teen Grey in Bloem

Dit was ’n donker rugbynaweek vir Paul Roos se rugbyspanne.

Nie een van die skool se rugbyspanne kon ’n enkele wedstryd in hul jaarlikse interskole teen Grey Kollege in Bloemfontein wen nie.

Grey het daardeur die spogprestasie behaal deur, hoewel nie-amptelik, as die toprugbyskool in die land gekroon te word.

Albei spanne was tot voor Saterdag se wedstryde onoorwonne in hul onderskeie ligas, maar uiteindelik kan net een span wen.

Kade Wolhuter, PRG se losskakel, het manhaftig probeer om die wedstryd vir die Stellenbossers met sy skopskoen te red, maar kon nie die mas opkom nie.

Die wedstryd is ook eers in die doodsnikke vir Grey beklink toe Zander du Plessis ’n strafskop oorgejaag het om die Bloemfonteiners 28-26 te laat wen.

Al twee spanne is verswak deurdat talle van hul spelers in die SA Skolespan in hul wedstryd teen Engeland diens gedoen het.

Grey het net voor rustyd die eerste drie van die wedstryd deur sy stut Jan-Hendrik Wessels ná ’n tikskoppie weens ’n strafskop gekry.Daarna het Werner Gous, die agtsteman, gaan druk om die Bloemfonteiners binne een punt van die besoekers te kry.

Lesley Botha, Grey se vleuel, het kort ná die omdraai ook gaan druk, maar PRG het gou teruggeslaan toe sy stut Mink Scharink oorgestorm het vir ’n drie wat Wolhuter weer verdoel het.

Twee vinnige drieë kort ná mekaar deur elke span het die wedstryd op ’n mespunt gehou totdat Du Plessis sowat vyf minute voor die einde van die wedstryd die spyker in die maroentruie se doodskis geslaan het met sy strafskop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.