Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG-rugbyspelers haal WP-spanne

Altesaam 13 rugbyspelers van Paul Roos Gimnasium is in die onderskeie WP-spanne ingesluit wat die provinsie in die Cravenweek vir o.18-spelers asook die Grant Khomoweek vir o.16-spelers gaan verteenwoordig.

Vier spelers – Tristan van Dyk, Matthew van Schalkwyk, Joshua Africa en Jason Johnson – is in die WP se Grant Khomospan ingesluit wat van 24 tot 28 Junie in Witrivier aan die Grant Khomoweek gaan deelneem.

Drie spelers – Dylan de Leeuw, Robbie Rodgers en Kade Wolhuter – is in die WP se Cravenweekspan ingesluit.

Jarred Cairns, Cade Croy en Corné Weilbach is in die WP se Cravenweek-vyftiental ingesluit. Armand Maritz, Luke Burger en Jesse Linders is vir die WP se Akademiespan gekies.

Al die WP se o.18-spanne sal aan die Cravenweek deelneem wat van 1 tot 6 Julie in Bloemfontein gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.