Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG se o.15’s seëvier in Boland-tennistoernooi

Die o.15-tennisspan van Paul Roos het skoonskip gemaak by die Boland Landbou-tennistoernooi wat die afgelope naweek in die Paarl plaasgevind het.

Die PRG-span het kookwatertennis gespeel en was onoorwonne oor die twee dae se tennis nadat hulle Paarl Boishaai (HJS) in die eindwedstryd met 5-1 geklop het.

Die span, wat die tweede keer aan die toernooi deelgeneem het, is aangevoer deur Stephen Claassen in die nommer 1-posisie. Die lede van die wenspan was Claassen, Sebastiano Sola, Max Kleber, Morkel van der Westhuizen, Ruan Liebenberg, Justin Cowley en Jake Downie.

Die ander deelnemende skole was Oakdale, Paarl Gimnasium, Parel Vallei, Hugenote, Paarl Boishaai (HJS), Menlopark, Marlow, Charlie Hofmeyer en Boland Landbou.

Paul Roos en Paarl Boishaai was onoorwonne in hul onderskeie groepe. Die twee skole het mekaar toe in die eindronde aangedurf. Die seuns van Stellenbosch het egter deurgaans goeie tennis gespeel en die wedstryd met 5-1 gewen.

Elke wedstryd was taai, maar die spelers van PRG het goed kop gehou en met gedissiplineerde tennis punt vir punt gespeel en sodoende die uitslag in hul guns beklink

Die ander uitslae van die span was as volg:Paul Roos wen Marlow: 9-0Paul Roos wen Paarl Gim: 9-0Paul Roos wen Parel Vallei: 9-0Paul Roos wen Hugenote: 8-1Paul Roos wen Paarl Boishaai: 5-1 (eindronde)

Die finale uitslae aan die einde van die toernooi was as volg:1. Paul Roos2. Paarl Boishaai3. Oakdale4. Paarl Gim5. Menlopark6. Hugenote7. Boland Landbou8. Parel Vallei9. Charlie Hofmeyer10. Marlow

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.