Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PSG steek Remgro, ENS weer die loef af

PSG het weer in die jaarlikse PSG/Remgro/ENS-kriekettoernooi daarin geslaag om sy teenstanders die loef af te steek.

Krieketwaarnemers het voorspel dat 2019 dalk die jaar kan wees waarin PSG uiteindelik onttroon sou word. Die rede vir dié bespiegeling was dat van die PSG-spanlede verskeie beserings gehad het en ’n speler “uit sy hospitaalbed” ontbied is om die span vir die eindstryd voltallig te maak.

Johannes Human van PSG het die wenlopies in die naelbyt-eindstryd teen Remgro, waar geen span bes wou gee nie, met die vierde laaste bal met ’n elegante vier geslaan.

André Kemp (ook PSG) is as speler van die toernooi aangewys.

Jan du Toit van Remgro verdien spesiale vermelding vir die feit dat hy daarin geslaag het om een van PSG se sterkolwers skoon te boul, wat byna die verloop van die wedstryd verander het.

Die twee “verloor”-kapteins het ná die wedstryd hoog en laag gesweer dat hulle PSG se oorheersing van die toernooi in 2020 gaan beëindig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.