Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Putjie vir putjie samel hulle geld in

Die Carmen Stevens-stigting en die Stellenbosch-dierebeskermings­vereniging (DBV) was die begunstigdes van R25 000 geborg deur Kwêla Tours and Events.

Launa Cronje van Kwêla Tours en haar vriendin Yolandie Jordaan het op 11 Junie ’n gholfdag by die Stellenbosch-gholfklub gehou en die opbrengs aan hierdie twee organisasies gegee.

Cronje sê hulle het juis hierdie twee organisasies gekies vir die uitnemende werk wat hulle in die lewe van mense en diere in en om Stellenbosch doen.

“Ek hou gereeld gholfdae vir liefdadigheid en het hierdie keer spesifiek die gholfdag vir die twee organisasies gedoen omdat hulle sulke wonderlike werk in die gemeenskappe verrig. Ek het gesien wat hulle tydens die pandemie doen en kon nie anders as om hulle te help nie,” voeg sy by.

Jordaan vertel waarom hulle juis op die Carmen Stevens-stigting besluit het: “Die stigting het al 6 529 kospakkies vir skoolkinders geskenk. Hulle help ook mense wat hul werk verloor het as gevolg van Covid-19 om werk te soek. Hulle het al meer as 2 000 kospakkies aan gesinne in nood geskenk.

“Die DBV doen ook ongelooflik goeie werk. ’n Mens besef nie hoe belangrik hulle in die pandemie is nie.”

Die wenners van die gholfdag (vierbal) is: . Jandre Kleinhans, Anru Marais, Jason Thiart en Christiaan.. Chris Strydom, Giorgio Fiegen, Darian Naidoo en Storm Elliot.. Ryan Olivier, Marius White, Tiaan Radyn en Raymond Olivier.. Derek Kube, Riko Geldenhuys, Wynand Wium en J.P. Franken.

Die organiseerders bedank die volgende borge: Bed Centre and RestAssure, Customs Designs en Wendy Swart-fotografie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.