Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rassie meen toets teen Engeland bied geleenthede

Die Springbokke se eerste toets in sy jaareindtoer bied aan Rassie Erasmus, Bok-afrigter, ’n aantal geleenthede om spelers te toets.

Springbokke soos Willie le Roux, Faf de Klerk, Francois Louw en Cheslin Kolbe wat in Europa rugby speel, sal nie vir die toets oorweeg word nie. Dit beteken dat ander spelers wel speelkans sal kry.

“Nie een van die spelers wat in die premierliga speel, is beskikbaar nie en ook nie die spelers wat in Frankryk speel nie,” het Erasmus gesê.

Erasmus het bevestig dat Franco Mostert, wat al vanjaar vir die Bokke en sy franchise gespeel het, ook nie beskikbaar is nie.

Oor plaasvervangers vir Mostert het Erasmus gesê daar is ’n hele paar goeie opsies in die tweede ry van die skrum.

“Ons is gelukkig om spelers soos Pieter-Steph du Toit met baie ondervinding in daardie posisie te hê, terwyl Lood de Jager weer fiks is en RG Snyman ook in die groep ingesluit is.”

Erasmus het gesê die Twickenham-toets gaan ’n deeglike toets vir sy spelers wees.

“Om teen Engeland te speel, onder druk en in ’n vol stadion, sal ’n nuwe ervaring vir sommige spelers wees en dit sal vir hulle goeie antwoorde gee.

“Die Engelse is goed en fisiek, hulle is sterk in die losgemaal en vaste fasette sowel as op die verdediging. Hulle kan hul spel afwissel en dit is die grootste les wat ons van hulle geleer het in ons nederlaag teen hulle in Kaapstad in Junie,” het Erasmus Vrydag by ’n perskonferensie in Stellenbosch gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.