Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rhenish se Alexandra wys haar slag in die swembad . . .

Alexandra Eagles maak behoorlik golwe in die swembad.

Dié 15-jarige graad 9-leerder aan Rhenish Girls’ High School is Eikestadnuus se sportster van die maand.

Eagles sê dit is onverwags. “Ek pluk nou die vrugte van my harde werk, dis ongelooflik.”

Sy is onlangs gekies vir die Suid-Afrikaanse jeuggroep vir 2020-’21 en sê die groep se afrigters is baie streng en lê klem op hul verpligtinge as swemmers.

“Om lid van dié groep te wees, is een van my hoogtepunte tot dusver,” sê sy.

Eagles het verlede jaar Suid-Afrika verteenwoordig by die junior Afrika-spele wat in Tunisië plaasgevind het. Daar het sy weggestap met derde plek in die 50 meter-rugslag. “My gunsteling-swemstyl is rugslag.”

Haar swemafrigter, Amy Barnes, beskryf haar as iemand wat baie toegewyd is. “Jy gee haar enigiets wat moeilik is en sy sal vir jou bewys sy kan dit doen,” sê Barnes.

Eagles se ma, Verna, sê sy het op ’n jong ouderdom soveel bereik, maar steeds bly sy ’n nederige mens.

“Sy swem sedert die ouderdom van vyf en het van sewe jaar oud aan swemkompetisies deelgeneem en in haar eerste swemkompetisie twee medaljes gewen, vir ’n eerste en ’n tweede plek. Ons het nie geweet sy sal dit so ver bring nie, maar aan die ander kant het sy nog altyd ’n kompeterende geaardheid gehad.”

Eagles se rolmodel en grootste inspirasie is haar ouer suster, Mikayla, wat ook ’n swemmer is. Sy sê haar suster is die rede waarom sy begin swem het.

Haar grootste droom is om Suid-Afrika eendag by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.