Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rugbytrots van geslag na geslag oorgedra

Paul Roos Gimnasium (PRG) se rugbykomitee vir oudsko­liere het 3 Mei sy eerste kapteinsdinee by Markötter, PRG se tuisveld, gehou.

Die dinee is deur 240 oudkap­teins en -spelers van die eerste en tweede spanne van Paul Roos deur die jare bygewoon. Van 1953 se Johan Gerber tot 2017 se kaptein van die eerste span.

Ander legendariese spelers sluit in Gans Coetzee van die 1974-span, Bles Kemp en Justin Swart van die onoorwonne 1991-span en Ernst Joubert, voormalige Lions- en Saracens- kaptein.

Gassprekers by die geleent­heid was Jacques Hanekom, legendariese oudafrigter asook PRG se eerste direkteur van rugby, Ryno Combrinck.

Marinus Pretorius, hoofafrigter, het die huidige eerste span voorgestel en die spelers se truie is aan hulle oorhandig deur oudkapteins van die eerste span vir hulle wedstryd die afgelope Saterdag teen Paarl Gimnasium.

By die oorhandiging­seremonie was die hoogtepunt toe Juan Mostert, die huidige losskakel van die eerste span se oupa, Attie Mostert (speler van die 1953 se eerste span), sy trui aan hom oorhandig het.

Die geleentheid is terdeë deur almal geniet, met staaltjies en stories wat vertel en uitgeruil Die dinee beloof om ’n jaarlikse instelling op die PRG-kalender te word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.