Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sakemense kom byeen om balle aan die rol te sit

“Die sakeliga is meer as net ’n rolbal­kompetisie. Dit is ’n aand waar jy gesellig saam kan verkeer en nuwe vriende maak.”

Só sê een van die organiseerders oor die Stellenbosse rolbal-sakeliga wat oor vier Woensdae beslis is. Die twee rolbalbane is van 30 Januarie beset met 28 spanne bestaande uit 112 spelers.

Kompetisie tussen die spanne was fel en die gehalte van die spel was merkbaar beter as vorige jare. Altesaam 15 spanne het 30 punte of meer in die laaste ronde behaal en die Ebowla-span het met 46 punte dié kompetisie gewen. In die tweede plek was die Wille Honde gevolg deur die Van Der Byl Bergh-span in die derde plek. Nie een van hierdie spanne het verlede jaar in die eerste drie plekke geëindig nie.

Soos met die vorige jare is daar weer sosiaal verkeer en lekker geëet.

Die wenners is trots op hul sege. “Ons is vier vriende wat lekker saam speel. Ons is eintlik net daar vir die lekker kos wat ons ná die tyd kry en om ’n paar drankies as vriende saam te ge­niet. Wanneer ons op die rolbalbaan is, kom die kompete­rende natuur in almal van ons tog uit.

“Ons geniet die rolbal en het al baie vriende in dié proses gemaak. Die sakeliga is ’n hoog­tepunt in ons jaar waarna ons baie uitsien.”

Die Wille Honde-span bestaan uit Rikus Serdyn, die skip, strateeg en Wille Hond in murg en been en Johan Bredenkamp wat derde rol, is die buiteperd wat ’n binneperd geword het. Jacques Hanekom, wat tweede rol, is die kroegman en X-faktor en leier, terwyl Jaco Eckly, the smooth talker and intimidator,” vertel Serdyn oor sy span.

Van Der Byl Bergh-span meen die Stellenbosch-rolbalklub se aandliga is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis wat Van Der Byl Bergh nooit misloop nie.

Die plaaslike rolbalklub bied sowat 12 jaar lank al in Februarie en November ’n aandliga aan vir nie-rolbalspelers, mans sowel as vroue, om in spanne met mekaar te kom meeding.

Hierdie spelers kom hoofsaaklik uit die sakegemeenskap, vriende en families. Ouderdomme wissel van 25-60 en 28 spanne van vier elk (112 spelers) neem vir vier Woensdagaande deel. Wedywering is ernstig en groot pret onder die spanne.

“ ’n Oop kroeg is deurentyd beskikbaar met ’n ete na die tyd wanneer daar dan baie gesellig saam verkeer word onder die klomp.

“Hierdie baie informele rolbalbyeenkomste van jong sakelui en vriende is geweldig gewild onder die gemeenskap en is lank voor die tyd vol bespreek en daar is ook ’n waglys,” het een van die organiseerders gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.