Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ses medaljes teen strawwe mededinging vir ParaSport

Suid-Afrika se para-atlete – met ’n hele aantal Stellenbossers in hul geledere –het met altesaam 11 medaljes van die Wêreld Para-atletiekkampioenskap in Dubai terugge­keer.

Wanneer daar na die uitslae gekyk word, is dit duidelik dat die gehalte van die kompetisie met elke byeenkoms verbeter en die klub se Paralimpiese atlete sterk mededinging ondervind het. Steeds stel die Wes-Kaapse en meer spesifiek Maties Parasport se atlete nie teleur nie en bring hul een goud-, een silwer- en drie bronsmedaljes huis toe.

In die tweede week van die kampioen­skap het Anruné Weyers (T47) nog ’n silwer in die 200 m (25.01s) by haar goud en brons van die vorige week gevoeg wat haar die suksesvolste van die Suid-Afrikaan­se atlete maak. Die Matie-student, Kerwin Noemdo (F47), kon in die gewigstoot met sy beste afstand van 13.17 m in die eerste ronde net 12de eindig. In sy eerste internasionale kompetisie het Brandon Beack (T52) in die 100 m en 400 m vir rolstoele ’n bevredigende 12de plek geëindig.

Die ander medaljewenners was Anika Pretorius, Charl du Toit en Reinhard Hamman.

Vir meeste van die atlete lê daar ’n kort rustydperk voor, voordat hulle weer in Januarie met hul voorbereiding vir die 2020 Paralimpiese Spele begin. Die Toyota nasionale kampioenskap wat Maart volgende jaar in Port Elizabeth plaasvind, maak deel uit van hul voorbereiding.

’n Ander lid van die klub, die beken­de rolstoelatleet Ernst van Dyk, het ver­lede Sondag vyfde geëindig in die Oita-marathan in Japan, met ’n beste tyd dié seisoen van 1 uur 24 minute. Dit was sy beste tyd sedert 2017 in die 42 km.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.