Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Spelers se veiligheid ‘is nou die belangrikste’

Sport het die afgelope jaar tydens die Covid-19-pandemie ’n baie onseker periode ervaar.

Die belangrikheid van amateursport in gemeenskappe kan nou duidelik gesien word en die vuur vir sport is besig om uit te brand.

Met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land weer na vlak-4 van die inperkingsmaatreëls beweeg, het dit beteken dat amateursokker afgelas is.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het die aankondiging Dinsdag (29 Junie) amptelik aan plaaslike klubs bekend gemaak.

Luidens die verklaring is die veiligheid van spelers en personeellede nou ’n prioriteit.

“Lewe en oorlewing is nou van kardinale belang en dus moet ons nou besluite neem wat dit bevorder,” lui die vereniging se verklaring.

Plaaslike sokkerklubs het vanjaar swaargetrek met borge wat skaars was en party klubs moes selfs hul seisoen opskort omdat hulle dit eenvoudig nie kon bekostig nie. Sekere ligas het ingevolge streng protokol voortgegaan.

Die sokkervereniging sê hy sal ’n oog hou op die wedstryde wat wel voortgaan.

Sokkerklubs hou nou hul asem op tot daar op 11 Julie weer meer klarigheid gegee sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.