Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Stellenbosch United in sy noppies

Blydskap en dankbaarheid het Saterdag (22 Mei) die kleedkamer van die Stellenbosch United-sokkerklub gevul.

Dit volg nadat die span ’n nuwe borg losgeslaan het wat vir hulle nuwe uitrusting verskaf het.

Langeveldt Autos, wat deur die tweelingbroers Dimitri en Dominique Langeveldt besit word, het besluit om terug te ploeg.

“Sport is ’n kerngedeelte van ons gemeenskap en om by die sokkerklub betrokke te raak, is ’n voorreg,” het Dominique gesê.

Hy het verder uitgebrei oor die jeug wat sport beoefen en die nodige ondersteuning nodig het om sukses te behaal. “Jeugontwikkeling is iets wat ons na aan die hart lê en dus het ons met min twyfel besluit om hier ons merk te maak.”

Eikestad Towing is saam met Langeveldt Autos die klub se nuwe borge.

“Om in ’n pandemie ’n nuwe borg te ontvang, is skaars. Ons is baie dankbaar vir ons nuwe borge en die spelers sal hul waardering hiervoor met resultate wys,” het Davy Pool, die voorsitter van die klub, gesê.

Die spelers kon nie hul opgewonden­heid weggesteek nie en hulle onmiddellik na die kleedkamer gehaas om hul nuwe uitrusting aan te trek. “Vandag se borg­skap is nie net vir ons nie, maar ook die geslagte wat ná ons kom. Dit het ’n reuse-uitwerking in ons gemeenskap en ons het diep waardering daarvoor,” het Wildon Hendrickse, die klub se kaptein, bygevoeg. Die klub het Saterdag teen Franschhoek United-sokkerklub te staan gekom en die Franschhoekers met ’n reusetelling van 9-1 laat les opsê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.