Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Swem-akademie help gemeenskap

’n Nuwe vennootskap tussen die Lane Leader-swemakademie en die Hoër Meisieskool Bloemhof beloof om “soos ’n vis in water” te wees en die swemprogram en -profiel te verhef, nie net by Bloemhof nie, maar ook in Stellenbosch as geheel.

Hiermee saam word die opgradering van die swembad in die vooruitsig gestel wat verhitting en onderdakwintergeriewe insluit.

Dié samewerkingsooreenkoms bring die beste van swem, in die vorm van Lane Leader en Speedo, na een van die voorste meisieskole in Suid-Afrika. Die Lane Leader-afrigtingspan, onder leiding van die Olimpiese afrigter Pierre de Roubaix en Keith Jansen, spog met meer as 40 jaar ervaring tussen die twee van hulle.

As ’n vlak 4-meesterafrigter beskik De Roubaix oor die hoogste afrigtingskwalifikasie in Suid-Afrika. Hy het reeds verskeie Olimpiese en Paralimpiese swemmers tot groot suksesse gelei, onder andere as medaljewenners by junior wêreldkampioenskappe, Statebondspele en Paralimpiese Spele.

Lane Leader is nie net toegespits op hoëprestasie-afrigting nie, maar bied uitgebreide ervaring as dit by atleetontwikkelling kom. Swem as oefening vir ’n gesonde leefstyl en as deel van multi-sportdissipline kom ook onder die loep.

“Ons langtermyndoelwit is die ontwikkeling van atlete deur veral jong swemmers na die hoërskool- en senior programme te bring,” sê De Roubaix.

“Ons vennootskap met Lane Leader bied nuwe diepte wat betref afrigting en toewyding aan Bloemhof se swemprogram,” sê Jenny King, sportbestuurder (hoëprestasie-sport en –beplanning) by Bloemhof.

“Pierre en sy Lane Leader-afrigters bied internasionale kundigheid en ons is baie opgewonde oor die nuwe rigting waarin ons swem as skolesport wil neem.”

Uiteindelik is dit nie net een skool nie, maar die groter gemeenskap wat by Lane Leader kan baat vind, aldus De Roubaix.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.