Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tennis weer uitgesaai

Een van die eerste regstreekse uitsendings van tennis het die afgelope naweek van die tennisbane van Paul Roos Gimnasium plaasgevind.

Vier van Suid-Afrika se top- junior tennisspelers het sake Saterdag 25 Julie in opwindende wedstryde uitgespook.

Dié geleentheid is deur School Sport Live georganiseer en regstreeks op SuperSport 208 uitgesaai.

Die wedstryde is onder streng maatreëls, soos vereis deur die Covid-19-reëls, gespeel.

Die wedstrydkommentators, Jeff Coetzee, voormalige internasionale tennisspeler van Suid-Afrika, en Joannette Kruger, plaaslike tennisster, het die kykers vermaak.

Die wedstryde is in vier kwarte van 10 minute elk gespeel. Elke speler kry ook twee keer kans om af te slaan en die speler met die meeste punte is die wenner van daardie kwart.

As die tyd in die middel van ’n punt uitloop, loop die punt oor. As die kwart gelykop eindig, word daar vir ’n beslissende punt gespeel.

Indien ’n speler drie van die kwarte wen, word die laaste kwart steeds vir ’n gemiddelde stel gespeel.

In die geval dat albei spelers twee kwarte elk wen, word ’n vyfde ronde gespeel waarin die speler wat die eerste twee agtereenvolgende punte wen die wedstryd wen.

Die eerste wedstryd was tussen die eerste gekeurde Suid-Afrikaanse o.18- meisiespeler, Magretha Burger (17) van die Hoërskool Stellenbosch en haar dubbelmaat, die 10de gekeurde Christine Kruger (17), van die Hoër Meisieskool Bloemhof.

Burger het die wedstryd met 3-1 in ’n taai stryd, wat enige kant toe kon swaai, gewen nadat die meisies ná die eerste twee kwarte met ’n punt elk gelykop was.

In die seuns- en tweede wedstryd het die SA eerste gekeurde Kholo Montsi (17) van die Anthony Harris Tennis Academy teen Carl Roothman (17) van Paul Roos Gimnasium kragte gemeet.

Montsi het die eerste en tweede kwarte ná ’n strawwe stryd gewen.

Roothman het egter vir Montsi ’n moeilike tyd gegee met goeie afslaanwerk toe hy die derde kwart wen. Montsi wen uiteindelik die laaste kwart en beklink die wedstryd met 3-1.

V Vir hoogtepunte van die wedstryde kan kykers School Sport Live se Insta­gram-blad besoek by schoolsportlive of die wedstryde op hul YouTube kanaal, School Sport Live, gaan kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.