Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tyd raak min vir Let's Play-benoemings
Timon Machtelinckx

Die tyd raak min vir inskrywings vir vanjaar se Super Sport-Let’s Play-kompetisie vir sportpresteerders.

Benoemings word maandeliks vir die prys van sportster van die jaar ontvang en die jaarwenner sal teen die einde van November bekend gemaak word.

Al wat sportklubs of skole moet doen is om hul topsportpresteerders vir die kompetisie te benoem. ’n Paneel beoordelaars kies dan maandfinaliste en ’n jaarwenner sal aan die einde van die jaar uit hierdie benoemdes aangewys word.

Die jaarwenner dring dan deur tot die provinsiale en finale eindrondes.

Vandeesweek het ons drie benoemdes – almal van Paul Roos Gimnasium.

Bernhard Andrag:

* o.17-SA driekamp-kampioen (goue medalje) by die SA Nasionale moderne driekamp-kampioenskap waarin hy vier keer na vyf teikens met ’n laserpistool moet skiet, swem 50 meter (vier keer) en hardloop 800 meter (vier keer) sonder rus tussen al die dissiplines.

* Bernhard het gekwalifiseer om Suid-Afrika se o.17 A-span by die wêreld-driekamp-kampioenskap in Egipte aan die einde van Oktober 2018 te verteenwoordig.

* Behaal die agtste plek by die o.17 SA nasionale moderne tweekamp-kampioenskap waar hy 1200 m hardloop, 200 m swem en weer 1200 m hardloop sonder rus tussen al die dissiplines.

* Agtste plek by die o.15 SA nasionale moderne tweekamp-kampioenskap waar hy 1500 m hardloop en 100 m swem met ’n ruskans tussenin.

Ruard van Renen

* Eerste in die SA tweekamp-kampioenskap vir seuns o.15 (Pretoria).

* Deelname aan die SA junior nasionale swemkampioenskap waar hy vir vier items vir die eindronde kwalifiseer.

* Deelname aan SA kortbad­kampioenskap waar hy vir vier SA jeugtye in 100 m-rugslag, 200 m-rugslag, 200 m-vryslag en 400 m-vryslag kwalifiseer.

*Deel van PRG se swemspan by die interskole teen Grey Kollege, waar die o.15-aflosspan al die items wen.

Timon Machtelinckx:

* Kwalifiseer vir die SA o.19-wêreldlaserpistoolskiet- en hardloopspan in Dublin.

* o.19- SA kampioen by die laserpistoolskiet- en hardloop­kam­pioenskap (skiet vyf teikens, hardloop 800 m, vier rondes)

* Naaswenner in die SA nasionale 0.19- moderne tienkamp. Dit sluit in skerm, 200 m swem en gekombineerde pistoolskiet en 800 m hardloop oor vier rondes.

* Akademie: 82%.

Let's Play-inskrywings kan gestuur word na danie.keet@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.