Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
VDE begin seisoen met goeie spel

Van der Stel-Evergreens (VDE) se drie spanne was met die begin van WP se ligaverpligtinge almal Saterdag aan die wenkant.

Die eerste span het gemaklik met 69-10 teen Strand Pioneers gewen en 11 drieë gedruk. Die rustyd­telling was 24-3 in die wenspan se guns. Sodoende is vyf ligapunte verdien.

As VDE enigsins ’n ernstige aanspraakmaker op die topnege wil wees, sal daar groot verbeteringe in alle fasette van sy spel moet kom. Die skopwerk na die pale was ook ’n groot probleem. Teen sterker opposisie gaan VDE sy moses teëkom.

Daar is te veel ongedwonge foute gemaak wat verskeie drieë verlore laat gaan het. Daarby het die span met rukke en stote gespeel.

Nogtans het ’n paar spelers, veral die voorspelers, hul kant gebring. Die voorry Charles Williams jr. het gewys dat daar nog baie rugby in hom oor is deur sy span op die voorvoet te plaas met verskeie sterk storm­lopies wat aanleiding gegee het tot twee van sy span se drieë. Hy is goed bygestaan deur die agsteman Fabian Adonis en die flank Werner Petersen. Adonis het twee goeie drieë gedruk met goeie opvolgwerk. Petersen, wat as man van die wedstryd aangewys is, het gewys dat hy propvol rugby is.

Agterlangs het veral die skrumskakel Elrico Februarie, Arjoon Swartz, senter, die vleuel Stefan van der Hoven en Lorenzo Claasen by tye goeie spel gelewer. Veral Van der Hoven het gewys dat hy oor baie vaart beskik.

Driedrukkers: Fabian Adonis (2), Stefan van der Hoven (2), Lorenzo Claassen (2), Ralton Daniels, Elrico Februarie, Arjoon Swartz, Seaton Dowries, Elzaruis Daniels. Doelskoppe: Paul Janse van Rensburg (5), Elrico Februarie (2).

Die tweede span het Strand Pioneers met 41-17 afgeransel, terwyl die derdes met 17-12 gewen het.

VDE speel Saterdag teen Albions in Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.