Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vissermanne seëvier

Die Stellenbosch- en distrikte krieket­klub het Sondag 15 Desember sy jaarlikse ses-aan-’n-kant-gemeen­skaps­kriekettoernooi gehou.

Hierdie toernooi bied al jare lank die geleentheid vir die gemeenskap om krieket eerstehands in ’n gestruktureerde omgewing te ervaar. Uit die toernooi is al baie talent ontgin en die grootste doelwitte van dié toernooi is om ’n welwillendheids­organisasie van hulp te wees, asook om die ontwikkeling van die klub se junior spelers te ondersteun.

Hierdie jaar het nege spanne gekompeteer en van vroeg af het die sesse en grenshoue op Idasvallei gereën. Onder leiding van Franklin Anthony het die Boland-skeidsregters ook seker gemaak geen omstreden­heid vind plaas nie.

In die skildafdeling het Garth le Roux se Ayoba Stars die nuwelinge, Family Vibes, ore aangesit om as wenners uit die stryd te tree.

In die bekerafdeling het die Vissermanne dramaties geseëvier nadat Curtley Klaasen Just4Fun daarvan weerhou het om 12 lopies van die laaste boulbeurt aan te teken. Die Vissermanne is dus welverdiend 2019 se kampioen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.