Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wat ’n prestasie!

Toe die spelers van Bloemhof se o.16B-netbalspan in hul laaste groep­wedstryd by die Rustenburg Girls’ High School se kampioenskaps­toernooi teen Rhenish se o.16A-span te staan kom, was dit wen of weg.

’n Oorwinning was nodig om deel van die topvier, en dus een van die semi­fina­liste, te bly.

Ten spyte van strawwe kompetisie by hierdie toernooi vir o.16A-spanne, het die Bloemhoffers uitgestyg om op die ou end as die kampioen gekroon te word nadat die span in die vierde plek na die halfeindronde deurdring het waar Bloemhof teen Reddam Constantia kragte moes meet.

“Ons was natuurlik op ons hoede, want in die groepswedstryde het ons juis teen Reddam en Herschel verloor. En hier is dit weer ons teen hulle,” sê Renée Bezuidenhout, die o.16A’s en -B’s se spanbestuurder.

Bloemhof klop Reddam se A-span in hierdie tweede kragmeting 22-19 sodat die Bloemhoffers na die eindstryd kan deurdring. Met ’n telling van 14-11 wen die o.16B-span Herschel se A-span en word as die toernooi se netbalkam­pioene gekroon.

“Dis ’n ongelooflike oorwinning vir Bloemhof en wys dat ons B-spanne net soveel talent en diepte het,” meen Almaré van der Vyver, sportbestuurder vir netbal. “Baie geluk aan hul afrigter, Frieda Kemp, en ’n woord van dank aan die spelers en hul ouers wat die langnaweek prysgegee het om Bloemhof se naam hoog te hou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.