Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wimbledon wink vir onnie van F'hoek
Clement Prins

Van kleins af het hy tennissterre soos Pete Sampras en Roger Federer dopgehou en nou wink Wimbledon vir hom.

Clement Prins (28) vertel hy het in gr. 4 sy eerste tennisraket opgetel.

“My aunty, wat ook baie lief is vir die sport, was my afrigter.

“Ons het gereeld geoefen en ek het geweet dit is iets wat ek die res van my lewe wou doen,” sê Prins.

Hoewel hy spog met Boland- en WP-kleure sê Prins ’n tekort aan geld het beslis ’n stokkie voor sy drome gesteek.

“Ek het nie ’n borg gehad nie en tennis is mos maar ’n baie duur sport. Dit het my vordering, veral omdat ek nie altyd elke kompetisie kon bywoon nie, beslis beïnvloed.”

Hy was egter vasberade om sy passie te volg en het besluit om die sport as skeidsregter aan te pak.

“My eerste wedstryd as lyn­regter was sowat vier jaar gelede by die eerste Future’s-tennistoernooi. Deesdae is ek die stoelskeidsregter. Dit is harde werk.

“Jou oë moet reg ingestel wees en jy moet altyd gefokus wees – daai balle kom baie vinnig. Jy moet maar mooi dophou.”

Sy droom om op gras lynregter te wees, is uiteindelik verwesenlik, maar hy erken sy senuwees knaag.

“Ek kan nie wag om al die spelers, vir wie ek al die jare bewonder het, te sien nie – ek weet steeds nie wat ek gaan maak as Federer verby my loop nie.

“Dit gaan ook interessant wees om nuwe mense te ontmoet – net om uit te stap op Wimbledonbane gee my klaar hoendervel.”

Prins moedig jong tennisspelers aan om aan te hou oefen.

“Droom groot – ek wou graag op Wimbledon speel, ja, dinge het nie uitgewerk soos wat ek beplan het nie, maar kyk hier, ek is op pad Wimbledon toe.”

Clement is ’n onderwyser by die Laerskool Franschhoek en ploeg graag terug in sy gemeenskap deur ’n groep kinders af te rig.

Jy kan Clement kontak by cprins258@gmail.com

Die Wimbledon-kampioenskap vind van 2 tot 15 Julie in Londen plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.