Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Weldoener daag blitsvinnig op ná berig

’n Gesin wat Kersfees in ’n tent sou deurbring ná ’n verwoestende brand wat hul woning vernietig het, is gehelp deur ’n weldoener wat die berig in die Eikestadnuus van 15 Desember 2016 gelees het.

Die kontrakteur, Mark Mentoor Bouers, het onmiddellik van sy sub-kontrakteurs uitgestuur om ’n opname van die skade te doen.

Vrydagoggend 16 Desember was sy ambagsmanne op die perseel om herstelwerk te doen. Beskadigde dakplate, plafonne, vensters, elektriese deure en ’n warmwatersilinder is vervang.

Ons dank aan ’n “Samaritaan” soos mnr. Mentoor wat so spoedig hulp verleen het. Trane van hartseer is omskep in hoop, verligting en vreugde.

Dankie aan Eikestadnuus (Raymond Willemse) wat onmiddellik gereageer het op ’n noodoproep. Geseënd is die “Samaritaan” en weldoeners wat ’n omgeehart het om ander se hartseer trane op te droog.

You brought dignity back to homeless people.

Jackie Small,
Stellenbosch

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.