Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
AiG Kaapstad kry die heel eerste keer

Die heel eerste keer nog sal ’n vyfde Afrikaans is Groot-vertoning in Kaapstad aangebied word en kaartjieverkope vir dié konsert, wat Donderdag 14 Maart 19:30 sal plaasvind, het verlede Donderdag (24 Januarie) 10:00 geopen.

Rekordverkope vir die Kaapse Afrikaans is Groot-konserte is reeds op die eerste dag wat dit by Computicket geopen het, aangeteken en dít was ’n goeie voorspelling van wat verder verwag kan word.

Verkope dui daarop dat Kapenaars honger is vir Afrikaanse musiek en topgehalte produksies. Kaartjies vir al die konserte op 15, 16 én 17 Maart is reeds uitverkoop.

Die ekstra vertoning op 14 Maart bied Afrikaanse musiekliefhebbers wat nog nie kaartjies gekoop het nie, die geleentheid om Afrikaans is Groot in Kaapstad by te woon.

“Ons is absoluut oorweldig met hoe vinnig die kaartjies uitverkoop het,” het Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert, gesê.

“Ons het ’n vierde vertoning geopen nadat ons die eerste dag rekordverkope behaal het, maar ons het nie gedink dat ons ’n vyfde konsert sal moet byvoeg nie. Ons is dankbaar vir elke lojale ondersteuner wat kaartjies gekoop het en is verheug dat ons ’n ekstra vertoning kan aanbied,” het hy gesê. “Die kunstenaars is ook opgewonde en gelukkig kon almal darem hul planne vir die Donderdagaand aanpas sodat dié vertoning kan plaasvind.”

Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay, Riana Nel, Touch of Class, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Snotkop en Dirk van der Westhuizen sal almal saam op één verhoog wees.

Konsertgangers kan ook uitsien na ’n optrede deur Demi Lee Moore, wenner van Die Kontrak, en Ivan Roux, die naaswenner, as deel van die konsert.

Dit is vanjaar die sesde keer dat Afrikaans is Groot in die Moederstad aangebied word sodat Kapenaars ook die produksie se uitstekende klank, skouspelagtige beligting en kreatiewe toevoegings kan geniet.

Afrikaans is Groot 2019 wordVrydag 15 Maart 19:30, Saterdag 16 Maart 13:00 en 19:30, Sondag 17 Maart 13:00 en nou ook Donderdag 14 Maart 19:30 by Grand West aangebied.

Kaartjies is slegs by Computicket te koop. Kry joune aanlyn, of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels. . Pasop vir derde partye wat kaartjies aanbied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.