SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Vermaak
Digkuns bring nog altyd genesing vir Audrey Francis

’n Digter van Cloetesville stel eersdaags haar derde digbundel bekend.

Vlenters is ’n mengelmoes van gedigte oor liefde, politiek en danksegging.

“Ek skryf oor alles wat ek sien, oor wat tans in die land aangaan en oor dinge wat ek voel. Dis makliker om te skryf as om te praat,” vertel Audrey Francis (53).

Volgens Francis bring skryf genesing en is dit vir haar baie terapeuties. “Dit was altyd ’n vorm van genesing vir my en ’n manier om my probleme te verwerk. Vroue en tieners is baie na aan my hart ek wil graag die boodskap deurgee dat ’n mens moet skryf in plaas daarvan om geweld te gebruik om te sê hoe jy voel. Ek glo dit kan ’n lewe red.”

Volgens Francis is die digbundel ’n huldeblyk aan haar ma wat “baie hard gewerk het vir 36 jaar”, vertel Francis, wat die bundel self publiseer het.

In die digbundel is ook ’n gedig oor haar ma se voormalige werkgewer, Anna Basson, wat onlangs oorlede is. “Sy was ’n baie goeie vrou,” onthou Francis. Die gedig is geskryf voordat Basson oorlede is.

Dit is haar eerste Afrikaanse digbundel nadat sy drie jaar gelede Women Unite en daarna I’m a South African gepubliseer het. Sy is tans besig met ’n reeks kort stories wat sy hoop om teen volgende jaar te publiseer.

 Die bundel word Saterdag 10 November in die HB Thom-teater van 12:00 af bekend gestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.