Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Doen aansoek vir dié laboratorium

Aansoeke is oop vir die Woordfees en die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) se toneelskryf­labora­torium.

As jy gekeur word, kry jy finansiële ondersteuning terwyl jy skryf.

Die doelwit van hierdie drie maande lange laboratorium is ’n nuwe voltooide toneelteks van 60 tot 90 minute.

“Ons ondersteun graag skrywers wat verhale vertel wat nie gereeld op Suid-Afrikaanse verhoë gesien word nie. Ons verkies nuwe Afrikaanse werk, maar oorweeg ook Engelse en meertalige tekste,” luidens ’n verklaring deur die Woordfees-kantoor.

Nadat die Covid-19-inperkings opgehef is, sal al die voltooide tekste deur ’n geselskap van akteurs voorgelees word as afsluiting van die laboratorium.

Die US Woordfees sal een of twee tekste kies wat as volwaardige produksies ontwikkel sal word vir die 2021-fees.

Die laboratorium word in Afrikaans en Engels aangebied en staan onder leiding van die Woordfees-direkteur, Saartjie Botha, veteraanregisseur Janice Honeyman en bekroonde aktrise Lee-Ann van Rooi. Daar word van deelnemers verwag om mekaar se werk te lees en terugvoering te gee.

Aanlyn ontmoetings sal een of twee keer per maand plaasvind en deur die fasiliteerders aangebied word.

Om aansoek te doen, skryf ’n kort uiteensetting of motivering vir jou voorstel. Daarby ingesluit moet ook óf ’n volledige weergawe van ’n nuwe toneelstuk (maksimum lengte 15 000 woorde) wat nog nie van tevore opgevoer is nie, en wat jy verder wil ontwikkel, insluit óf ’n kort samevatting of konsep van ’n voorgestelde toneelstuk. Indien jy slegs ’n konsep indien, moet aansoekers ook voorbeelde van ’n ??monoloog (hoogstens 300 woorde) asook dialoog (hoogstens 500 woorde) deur die skrywer, insluit.

’n CV of bio van die skrywer word ook vereis. Slegs Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.

Stukke wat in opdrag van teaters of ander feeste ontwikkel word, sal oorweeg word.

Jy moet egter skriftelike toestemming van die instansie insluit wat bevestig dat hulle jou aansoek ondersteun. Verwerkings en herwerkings van bestaande werke sal oorweeg word.

Stuur jou aansoek aan Corné Kruger teen 10 Junie 2020 na: wf2021@sun.ac.za.V Vir nog inligting en verdere vereistes besoek https://woordfees.co.za/toneelskryflaboratorium-writing-laboratory/.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.