Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Drama-inskrywings kan menige skrywer help

Ontluikende dramaturge het nog tot 26 Junie die geleentheid om vir die Jakes Gerwel-stigting en die Suidooster­fees se mentorskapprogram in te skryf.

Met dié projek kry jong dramaturge die geleentheid om aan hul dramatekste te skaaf onder die professionele leiding van Abduragman Adams. Die stigting en die fees se oogmerk is om dramaturge, wat aan die begin van hul loopbaan staan, ’n vastrapplek in die bedryf te help gee.

Abduragman Adams is veral bekend vir sy rol in die kykNET-sepie Suidooster. Hy is by verskeie ander projekte as regisseur en dramaturg betrokke en is ook ’n drama-dosent.

Belangstellendes moet teen 26 Junie hul nuutgeskrewe dramatekste, of ’n uittreksel daaruit, tesame met ’n kort CV stuur na Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel-stigting, by theo@jgf.org.za.

Geen bestaande werk wat reeds opgevoer is, sal oorweeg word nie.

Suksesvolle kandidate sal in September vir drie weke in die Jakes Gerwel-stigting se skrywershuis, Paulet-huis, in Somerset-Oos in die Oos-Kaap bly. Dié sjarmante, ouwêreldse huis met sy ruim kamers, elegante leefvertrekke en lowergroen tuin is die geskikte omgewing om ongesteurd skeppend te kan skryf.

Reis- en verblyfkoste, asook maaltye van die kandidate sal deur die stigting gedek word.

Die Jakes Gerwel-stigting is in die lewe geroep met die doel om die nalatenskap van Gerwel – wat uitgeblink het as onderwyser, bevryder, beskermheer van die kunste en kundige sakeman – deur relevante projekte uit te bou. Voorts werk die stigting en die Suidoosterfees, wat op inklusiwiteit in die kunste fokus en die instrumentele rol van prof. Gerwel in sy ontstaan gedenk, as vennote saam aan hierdie projek.

Gerwel se geliefde Paulet-huis is ná sy dood deur sy weduwee aan die stigting geskenk met die doel om dit as skrywershuis in te rig.

Na afloop van die mentorskapprogram sal die tekste van die jong dramaturge oorweeg word vir opvoering by die volgende Suidoosterfees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.