Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Eers saam op radio, nou die kassie

1. Was dit jou droom om eendag op TV te wees?
Carla: Dit was nog altyd my droom om stories te vertel. TV is een van die mediums (asook radio) wat ’n storie lewe gee.
Renaldo: As ek nou 100% eerlik is, het ek altyd gedink ek gaan ’n akteur in 7de Laan wees, maar ek het later agtergekom dis vir my veel lekkerder om direk met mense te gesels en hul stories te vertel. Ek het hierdie passie met my radiowerk geslyp en ’n natuurlike oorspoeling hiervan is televisie.

2. Is dit spesiaal om die ervaring met jou beste vriend/in te deel? Carla: Dit is definitief. Ons vriendskap kom al ’n lang skeppende pad saam en dit is lekker om saam opgewonde oor werk te raak. Ons het mekaar baie in ons studentedae in Stellenbosch ondersteun. So, om hierdie saam te doen, is baie spesiaal.
Renaldo: dit is regtig spesiaal. Ek is regtig lucky om iets te doen waaroor ek uiters passievol is en die kersie op die koek is dat ek dit met my beste vriendin kan deel. Ons het ’n paar lekker oomblikke in Stellenbosch gehad, dis lekker dat ons ons vriendskap in die Jakarandastad kan voortbou.

3. Is jy gemaklik voor kameras of is jy ’n bietjie op jou senuwees?
Carla: Ek lyk gemaklik voor ’n kamera, maar ek is altyd op my senuwees – dit is ook goed. Dit hou jou op jou tone!
Renaldo: Ek het die afgelope twee jaar al werk voor die kamera gedoen, so ek is redelik gemaklik, die senuwees kruip maar soms in, maar dis goeie senuwees! Omdat ek dit so baie geniet, vergeet ’n mens gou van die senuwees.

4. Wat is die belangrikste lesse wat jy gedurende jou loopbaan in die radio en televisie geleer het?
Carla: Radio en televisie gaan nie oor die aanbieder nie, maar die fokus moet 100% op die kyker/luisteraar wees. Letterlik elke dag is anders. Gister se sukses is nie vandag s’n nie. Elke dag is ’n nuwe kreatiewe dag.
Renaldo: Voorbereiding is so belangrik. Wat baie nie besef van mense wat in televisie of radio werk nie, is daar rus ’n groot verantwoordelikheid op ons skouers, ’n verantwoordelikheid teenoor die kyker en luisteraar, verantwoordelikheid teenoor ons gas en teenoor onsself. Ek dink ook dis belangrik om altyd te onthou dat jy, deur al die harde werk, lang ure en stres, ook jouself moet geniet – iets wat in die gejaag baie maklik is om te vergeet.

5. Werk jy al aan die volgende droom, of gaan jy eers hierdie een probeer geniet?
Carla: Dit is belangrik om toekomsplanne te maak en om dit noukeurig te beplan, maar ’n mens moenie vergeet van die seëninge wat jy op die oomblik het nie.
Renaldo: Ek was maar altyd die “hoofmeisie-soort”. So, ek is altyd doenig met nuwe planne, maar ek fokus nou op die televisieprogram en ek bou aan my program op Jacaranda FM – en dan natuurlik om hierdie nuwe avontuur saam met Carla te geniet.
VKLOP! word Sondae om 19:30 op DStv-kanaal 145 uitgesaai. Mackenzie is aanbieder van Jacaranda FM se SA Top 20 (Sondae, 18:00-20:00) en Schwarp bied die stasie se High School Hits Weekend (Saterdae, 12:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00) aan.

MEER OOR HULLE

Wat baie mense nie van Renaldo Schwarp en Carla Mackenzie weet nie, is dat dié twee kletskouse se reis in die media – nes hul vriendskap – al van universiteitsdae in Stellenbosch kom.

Schwarp (26) en Carla Mackenzie (28), tans radio-omroepers by Jacaranda FM en nuwe veldaanbieders op Kyknet & Kie, se gewilde aktualiteitsprogram, KLOP! se storie klink soos iets uit ’n fliek of ’n gewilde sitkom.

Maar die twee, wat saam-saam diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf trap, se storie is eintlik een van harde werk en ware vriendskap wat in 2012 in die Eikestad begin het.

Schwarp en Mackenzie het in 2012 by die Universiteit Stellenbosch ontmoet, waar die twee as vryskutomroepers by die kampusradiostasie, MFM 92.6, gewerk het. Hoewel Mackenzie ’n paar jaar ouer is, het die twee onmiddellik gekliek.

Hulle het ongeveer vyf jaar by MFM gewerk en dit is in hierdie tydperk dat hul lewenslange bande gebou het.

Ná kampusradio blyk dit dat die vermaaklikheidsbedryf nie die twee van mekaar wil skei nie: Schwarp en Mackenzie was onderskeidelik in 2015 en 2014 omroepers by die Kaapse radiostasie Smile 90.4 FM. Mackenzie het in 2015 van Kaapstad verhuis om by Jacaranda FM aan te sluit en sowat drie jaar daarna, vroeër in 2018, het Schwarp dieselfde gedoen.

Hul werk op die kassie het vanjaar ’n volle sirkel voltooi toe hulle onlangs as veldaanbieders op KykNET & Kie aangekondig is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.