Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Ellen Pakkies se verhaal volgende week op grootskerm

Die fliek oor Ellen Pakkies se lewe, Ellen, die Ellen Pakkies Storie, is die openingsfilm by vanjaar se kykNET-silwerskermfees.

Dié fees het gister in Kampsbaai begin.

Die res van die land sal egter nie lank hoef te wag om hierdie fliek te kan sien nie. Dit word Vrydag 7 September landwyd in fliekteaters vrygestel.

“Ons is werklik dankbaar dat die kykNET-silwerskermfees Ellen se storie gekies het om die fees te open. Hierdie fliek lig die pleidooi uit van soveel mense wat sukkel,” sê Paulo Areal, die uitvoerende vervaardiger.

Ellen Pakkies se opspraakwekkende verhaal het die aandag van mense reg oor die wêreld in 2007 getrek nadat sy aangekla is van die moord op haar dwelmverslaafde seun, Abie.

Die hofsaak, wat daarna gevolg het, het belangstellendes op die punte van hul stoele gehou en die rolprentvertelling daarvan beloof om dieselfde met kykers te doen – en meer!

“Wanneer jy die fliek kyk, besef jy dat Ellen nie ’n bose of kwaadwillige mens is nie. Jy begin verstaan hoekom sy gedoen het wat sy gedoen het.

“Sy is ’n ma, wat lief was vir haar seun, maar hom nie meer kon help nie. Al die akteurs vertolk hul rolle puik en jy sal ’n hele stroom emosies op een slag ervaar.

“Dis ’n fenomenale kunswerk, wat jou lewe sal verander,” skryf Film & Television Business, wat die fliek vyf sterre gegee het.

Daryne Joshua, die bekroonde regisseur, wat bekend is vir sy suksesvolle debuutfilm, Noem My Skollie, was saam met die vervaardigers Schalk-Willem Burger en Paulo Areal aan die stuur van hierdie indrukwekkende produksie.

Die draaiboek is deur Amy Jephta geskep met die hulp van die regte Ellen Pakkies. Laasgenoemde het ook baie gehelp om die tonele in die fliek, wat in haar huis geskiet is, so outentiek as moontlik te herskep.

Buiten die indrukwekkende span agter die fliek pronk dit ook met ’n sterbelaaide rolverdeling en lof stroom in vir dié groep akteurs wat hulle so skitterend van hul taak kwyt.

Jill Levenberg, wat al verskeie rolle in flieks en televisiereekse soos Genadekans, Noem my Skollie (wat in 2016 Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars was), Leemte en die gewilde kykNET-sepie Suidooster gehad het, is in die hoofrol as Ellen Pakkies te sien en het baie navorsing en moeite gedoen om haar vertolking so eg en eerlik as moontlik te benader.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.