Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Instrumentele rock-album Riaan se jongste skepping

Ná twee suksesvolle albums is die kunstenaar Riaan Nieuwenhuis terug uit die ateljee met sy nuutste album, Collaborator.

Hy sê hy speel al ’n geruime tyd met die idee om nog ’n instrumentele rockalbum te maak. “Die baie saamspeel met die ander ouens, Jean Marais (dromme), Jaco Goosen (baskitaar), en Heinrich Wesson (kitaar), was hoogs inspirerend.”

Terwyl sy vorige albums Mediator ’n dubbelalbum is waar die klavier alles bymekaarbring en Instigator’n eksperimentele kitaargedrewe rock-album, is Collaborator’n “kitaarrockalbum met Hammond-orreltoevoegings” wat deur die hele orkes ondersteun word.

Hy hoop sy luisteraars sal ervaar hoe dit voel om die musiek op sigself in te neem. “Die interpretasies en ervarings blyk egter uiteenlopend te wees – gelukkig meesal positief.”

Om lirieklose musiek te skryf, is nie iets wat in elke kunstenaar se pen sit nie, maar Nieuwenhuis vind die proses interessant.

“Dit is vir my ’n lekker proses van gapings toemaak waar daar vers- en koorgedeeltes moes wees. Variasie is belangrik. Dit begin by signature riffs en dan bou ek dit uit. Die meeste idees in die geval van Collaborator, het vorm aangeneem deur dit net saam met die ouens in die band te speel.”

In ’n era van pop- en protesmusiek wat hard op lirieke steun, glo hy daar is wel ’n mark vir lirieklose musiek.

“Definitief in die VSA, Kanada, Europa en die Skandinawiese lande.

Dit is algemeen bekend dat die ­musiekwêreld se bemarkings­mega­nismes ten opsigte van popmusiek, grotendeels gerig is op die stem, gesig (en lyf) in plaas van die musiek. Protesmusiek lei ook hieronder.

“Ek glo tog dat diegene wat hou van rock, definitief aanklank sal vind by die instrumentele vertakkings daarvan, mits hul buite die gewone groef blootstelling ontvang.”

Collaborator is beskikbaar by Bothners Music in Merrimanlaan, Tunes Studio in Brugstraat asook ­digitaal op, onder meer, iTunes.
V
Vyf gelukkige lesers kan elk ’n­ ­Collaborator-album wen. Stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede na michelle.vdspuy@media24.com om in te skryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.