Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Kamerkoor in Endler te sien

Die Kamerkoor van die Universiteit Stellenbosch sal in die Endlersaal te sien wees voor hy na die 12de Cantemus Internasionale Koorfees vertrek.

Die koor, onder leiding van Martin Berger, is genooi om deel te neem aan dié fees in Nyíregyháza, Hongarye, wat van 16 tot 21 Augustus plaasvind.

Die Kamerkoor is in 2014 gestig as ’n integrale deel van die universiteit se musiekdepartement. Lede is musiekstudente en meer gevorderde koorsangers, wat almal streef na uitnemendheid in koorsang.

Die vindingryke program vir hierdie toer sluit in Suid-Afrikaanse komposisies van individue soos Sacks Williams, Franco Prinsloo en Le Roux Marais, asook werke van buitelandse komponiste soos Jake Runestad en Kim André Arnesen.

Die tweede helfte van die program sal grotendeels bestaan uit tradisionele Suid-Afrikaanse musiek, met verwerkings van Michael Barrett en ’n keurspel van tradisionele plaaslike musiek.

Die uitvoering vind plaas in die Endlersaal op Sondag 12 Augustus om 16:30, kort voor die koor se vertrek op 14 Augustus.

Kaartjies is deur Computicket beskikbaar en sal ook by die deur te koop wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.