Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Kamermusiek neem jou op unieke reis

Die Endler-konsertreeks stel gaste voor aan Avanti met die jong kunstenaars Sally Minter (fluit) en Coila-Leah Enderstein (klavier).

Die program vind Vrydag 20 April 20:00 in die Endlersaal plaas.

Avanti is ’n jong Kaapstadse fluit- en klavier-duo. Minter en Enderstein het reeds sedert 2014 ervaring opgedoen as ’n gesofistikeerde ensemble.

In hierdie konsert voer die duo werke uit wat die essensie van verfynde kamermusiek illustreer en die unieke samespraak tussen fluit en klavier belig.

Die program sluit ook ’n Samro-opdragwerk in deur die jong Suid-Afrikaanse komponis Amy Luyendijk, asook Hendrik Hofmeyr se fluitsonate, en ander toonaangewende werke van onder meer Sebastian Bach, Messiaen en Fauré.

V Kaartjies kos R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioentrekkers) by Computicket en by die deur.

Skakel met Fiona Grayer by 2 concerts@sun.ac.za of 0 021 808 2358 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.