Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Klavierduo dié naweek in Endlersaal

Die bekende klavierduo Nina Schumann en Luis Magalhaes is van die kunstenaars wat hierdie naweek by die Endler-konsertreeks se jaarlikse geldinsamelingskonsert, Klassieke Collage, te sien sal wees.

Die konsert word Saterdag (18 Augustus) 20:00 in die Endlersaal gehou.

Ander kunstenaars wat by vanjaar se konsert optree, is die Universiteit Stellenbosch se simfonieorkes met die fluit- en dirigeerdosent Corvin Matei, wat binnekort uittree, as solis in Mozart se Andante vir fluit en orkes.

Schumann en Magalhaes, bekend as TwoPianists, sal Mendelssohn se Konsert vir twee klaviere en orkes uitvoer.

Met die pouse kom studente van die sangafdeling aan die beurt met bekende opera-arias en kooritems. Hieronder tel die gebedstoneel Regina Caeli uit Mascagni se Cavalleria Rusticana, en Mozart-arias soos Soave sia il vento (uit Così fan tutte) en die duet tussen Papageno en Papagena uit Die Zauberflöte asook werke van Strauss, Lehar, Puccini, Bizet en Verdi.
V Kaartjies is te koop by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.