Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Leer só beter foto’s neem

Mense wat wens hulle kan onvergeetlike oomblikke en tonele pragtiger verewig, kan die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl se werksessie Donderdag 26 November 2020 saam met die fotografie-afrigter Peter Haarhoff bywoon.

As jy wil ophou om jou kamera op “outomaties” te gebruik en nie tyd vir ’n lang fotografiekursus het nie, is hierdie genotvolle eendagkursus ideaal. Dit is ’n praktiese, tweetalige program wat beteken dat jy alles wat jy geleer het, onmiddellik onder die wakende oog van jou dosent en foto-afrigter kan beoefen. Teorie word in die klaskamer behandel waarna almal gaan oefen om fantastiese foto’s van die mens, natuur en strukture by die skilderagtige monument te neem.

Die volgende aspekte sal belig word:

Neem beheer oor jou digitale DSLR-kamera;

Hoe om program- en handmatige opsies te gebruik;

Hoe om die lensopening vir velddiepte te beheer;

Stel jou sluiterspoed in vir waarlik skeppende fotografie;

Witbalans en ISO-instellings;

Flitsfotografie en beligtingsaanpassings;

Filters en sosiale media soos Instagram;

Hoe om beter foto’s op te stel, en nog baie meer.

Leer dit dus alles binne net een dag in die werksessie wat in die konferensielokaal van die Taalmonument in Gabbema Doordriftstraat op Paarlberg van 09:00 tot 16:00 plaasvind. Dit kos net R250, wat ’n gratis besoek aan die monument asook koffie/tee, soetgoed en ’n heerlike middagete insluit.

Deelnemers moet hul eie DSLR-kamera of enige kamera met handbeheer (manual control) bring – geen selfoonkameras nie.

Plekke is beperk; bespreek dus asseblief vroegtydig by Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za om deelname te verseker.

Naas opwindende musiek- en ander geleenthede bied die ATM jaarliks ’n reeks kursusse en werksessies aan wat op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede fokus. Voorstelle vir bykomende werksessies word verwelkom.

Besoek www.taalmonument.co.za vir meer hieroor asook die instelling se 45ste verjaardagviering, en volg die ATM op Facebook, Twitter en Instagram. Meer oor Peter Haarhoff by www.flickr.com/people/peterhaarhoff/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.