Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Marthie se nuwe album is vol inspirase en hoop
Marthie Nel Hauptfleisch se nuwe album, Woman on fire, stap die pad van ’n jongeling tot iemand wat meer volwasse in geloof staan.

Stellenbosch se eie singende verpleegster, Marthie Nel Hauptfleisch, vier vanjaar Vrouemaand met die vrystelling van haar nuwe album, Woman on fire.

Dié nuwe album is propvol hoop en inspirasie. Dit stap die pad van ’n jongeling tot iemand wat meer volwasse in geloof staan. Dit het haar bykans ses jaar geneem om te voltooi en is vir haar ’n hoogtepunt ná ’n dekade van musiek maak.

Liedjies op die album wat veral die aandag trek is “Moonlight”, “Jabes se gebed” en “God van tweede kanse”.

“Wat eersgenoemde so besonders maak, is dat “Jabes se gebed” ook in Xhoza opgeneem is, wat dit ’n baie diverse produksie maak. Wendy Lithemba is die solis in dié liedjie,” vertel sy.

“ ‘God van tweede kanse’ sluit ’n string stories in van regte mense, wat in geloof deurgedruk het en wel hul tweede kans gekry het. Jonk en oud sal byval vind by die lied omdat dit ’n sterk klassieke invloed het met mooi melodieë en harmonieë, selfs viool sowel as groot verwerkings met elektriese kitaar en dromme.”

Marthie is in Stellenbosch bekend vir onder meer haar werk in die gemeenskap en ook deelname aan die Woordfees met produksies soos Onder dieselfde dak, wat vir ’n Woordtrofee benoem is, en Drink hulle tee in Kanada?

Die musikale verwerking en vervaardiging vir haar produksies is gedoen deur Bram Potgieter wat in musiekkringe vir sy hoë standaard bekend is. Hy het onlangs saamgewerk en klankbane verskaf vir onder meer die ATKV se crescendo-produksies met Pedro Kruger en Margit Meyer-Rodenbeck (Dowwe Dolla) om maar ’n paar te noem.

“Ek wou nog altyd ’n produksie skryf wat jy van die begin tot einde kan luister en voel hoe jy ’n tweede asem van hoop en motivering kry,” sê sy.

Sy is ook baie trots daarop dat plaaslike talent wat verlede jaar saam in die Drostdy-teater in die vertoning in Augustus te sien was, hul talente ook in hierdie produksie vasgelê het, soos Justin Jefthas op kitaar, Hilton Mandela Andries en Wendy Lithemba met hul stemme.

“Ek dra hierdie nuwe album op aan my skoonma wat in Augustus aan longkanker oorlede is. Ek het die liedjie “Moonlight” vir haar geskryf omdat sy vir my so ’n inspirasie was – tot aan die einde van haar lewe deur die pad wat sy as Christen gestap het.”

Die titelsnit, “Woman on fire”, het al talle kere vir haar goed te pas gekom – veral toe sy drie jaar gelede brandbewusmaking in Kayamandi in die skole gedoen het.

“Wanneer die gehoor eers saamsing met die lekker wysie en woorde is hul ore oop en dan leer ’n mens hulle gou-gou wat om te doen in die geval van ’n brand en wat die brandweer se noodnommer is.”

Die album is reeds op iTunes beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.