Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
’n Ontginning van moderne intimiteit

Die boek is ’n verkenning van manlike seksualiteit. Hoe gaan jy te werk om die sekstonele in jou boek te skryf? Uit jou eie ervaring moet jy ten minste hierdie tipe van lyflike ervaring agter die rug hê. Ek sou sê jy moet so kort moontlik daarna op die mees gedetaileerde manier aantekeninge maak daaroor.

Iewers skryf jy dit? Ons almal weet wat kiss and tell is, maar dis nou nie asof jy skryf oor seksuele ervarings wat jy met ’n bekende mens gehad het nie. Hoe doen ’n mens dit dat mense nie ongemaklik raak nie? As mense dit dan nou wil dink, dan moet hulle dit maar dink. Uiteindelik is die boek ’n gefiksionaliseerde stuk werklikheid en dit is hoe mense dit moet lees. As hulle hulself dan daarin wil herken, so be it. Ek het nie eintlik baie empatie met mense wat vir jou agterna sê “ek het myself in daardie boek herken en ek het nie daarvan gehou nie”. Ek dink nie dit is hoe ’n goeie leser ‘n boek lees nie. As dit ’n goeie skrywer en goeie boek is, kan mense gevly voel as hulle hulself in ’n karakter raaksien.

Colm Tóibín het veel te sê oor die skryfproses. Hy beskryf die begin van ’n boek so: Something lodges in the mind. It could be an image, something imagined, a story someone told, but what happens is that one of them moves into rhythm and would suddenly become a sentence with the full weight of a novel. Waar het die idee vir jou boek vandaan gekom? Ek dink dit het begin met die openingstoneel waar Simon en sy vader op die plaas stap. Dan is daar ’n bul en ’n koei wat paar. Dan sê Simon se pa vir hom “dis maar eintlik net soos die mense dit doen”. Vanaf daardie punt tot en met die einde van die boek is dit eintlik vir Simon ‘n soort van ontdekkingsreis om hierdie antwoord van sy pa te probeer begryp en self te ontgin. Want hoe klein hy ook al was toe, het hy ’n gevoel gehad dat dit nie die volle waarheid is nie. Ek dink dit was vir my ’n beginpunt gewees vir hierdie storie. En toe het ek die tweede gedeelte gelees van die Franse filosoof Michel Foucault se trilogie waarin hy teruggegaan het na die Antieke Grieke om te kyk wat hulle van seks gemaak het. In dié gedeelte was daar ’n ontginning van manlike seksualiteit. Dit het my so getref en so hedendaags geklink. En toe het ek begin dink dat ek ’n storie wil skryf en op ’n manier hierdie idees van die Grieke wat so ongelooflik kontemporêr is inwerk by die storie sonder dat ’n mens dit agterkom.

Die tweede keer wat ek die boek gelees het, het ek soos ’n speurder agter sekere dele aangelees. Ek is bly jy praat van Simon en sy eerste herinnering van sy pa wat op die vasgestampte grondwal met hom loop en die beeste sien paar. Dit is fantasties geskryf. Jy het op ’n skaap-plaas in die Oos-Kaap grootgeword. Was dit ’n regte herinnering wat jy, Eben, gehad het? Miskien.

Nadine Gordimer het teen die einde van haar lewe gesê: Writing is to make sense of your life. Die temas waarmee jy graag werk, word al in jou eerste boeke duidelik. Ek dink spesifiek aan die pa-seun-verhouding. Is dit ook vir jou ’n kwessie van groter begrip oor die pa-seun-verhouding? Hierdie boek gaan vir my meer oor die ontginning van die ma-seun-verhouding. Ek self was nog nooit in terapie nie, ek het net navorsing daaroor gedoen vir hierdie boek. My skryfwerk dink ek het oor die jare ’n vorm van terapie vir my geword. Eers in my notaboeke en dan as ek ‘n storie daaruit distilleer. Dit is ’n manier vir my om ’n situasie, verhouding of sterfte te verwerk. Dan het ek tog agterna ‘n tipe van berusting daaroor gekry.

Dink jy jou eie ma sal jou nuwe boek lees? Ek het vir haar gesê dit is nie haar tipe boek nie en as sy dit dan lees, dra sy die verantwoordelikheid vir die uitwerking van die storie. Maar ek sê weer dit is nie haar soort leesstof nie.

Jou woordeskat en hoe jy dit gebruik is so fyn. Wat dink jy is talent as ons in ’n skrywerskonteks praat? Ek dink dit is ’n bepaalde gevoel vir ’n taal, Engels of watter taal jy ook al in skryf, en die verbeelding om ‘n storie te gaan haal. Daarna, as jy beskik oor hierdie twee vaardighede, moet jy die vermoë hê om jouself ontsettend te kan dissiplineer. Gewoonlik werk ek so twee jaar aan ‘n boek. Ek sê altyd as ek met studente werk dat hulle so noukeurig as moontlik moet aantekeninge hou oor wat hulle voel en ervaar. Uiteindelik kom dit neer op daardie dissipline en dat jy bereid moet wees om verskeie proewe van dieselfde werk te skryf. En dan as jy dit uiteindelik klaargemaak het en jou eerste buiteleser kry, moet jy bereid wees om weer daardie teks te hersien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.