Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Onverwagse kunswerke in dorp se strate te sien

’n Oulap se rooi maak mooi – veral in die eendeweer wat ons deesdae beleef.

Stellenbosch verras sy inwoners met spatsels kleur in sy strate, want dis weer tyd vir die jaarlikse PJO-inni-Bosch-kompetisie wat die PJ Olivier-kunssentrum saam met Proud Partners vir sy graad 11-leerders aanbied.

Die kompetisie, wat groot geldpryse op die spel het, is deel van die leerders se leerplan en behels dat hulle ’n kunswerk op papier moet skep wat met die omgewing inskakel.

Die ses beste konsepte word as finaliste aangewys en die leerders moet dan hul kunswerke in en om die dorp voltooi.

Soos vorige jare het die leerders beïndruk deur hul kreatiwiteit en daar is iets vir elke smaak – van die kleurvolle stokkielekkers in Drostdystraat tot ’n eikeboom in Kerkstraat wat met ’n Russiese ring pronk.

Volgens Isabel Verwey, uitvoerende direkteur van Proud Partners, wat die projek borg, is hulle opgewonde oor die impak wat die kompetisie op die dorp en die leerders het.

“Vandat ons drie jaar gelede met die kompetisie begin het, het dit elke jaar gegroei en die reaksie daarop is oorweldigend positief. Dit bied nie net ontluikende jong kunstenaars die geleentheid om lewe aan hul werk te gee nie; dit lei ook tot interessante besprekingspunte onder dorpenaars,” vertel sy.

Die algehele wenner wat deur Proud Partners aangewys word, sal by die PJ Olivier-kunssentrum se lentedagviering op 1 September bekend gemaak word. Inwoners kan ook betrokke raak deur vir hul gunsteling-kunswerk op PJ Olivier se Instagram-blad by pjolivierartcentre te stem.

Die kunswerk met die meeste “likes” sal ’n prys wen en een gelukkige stemmer wie se naam uit ’n hoed getrek word, sal R500 ontvang.

Die kunswerke sal ná ses maande verwyder word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.