Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Stormagtige elemente en intieme melodieë in Endler
Alissa Margulis

Die Antwerpse violis Alissa Margulis tree hierdie week saam met die plaaslike pianis Luis Magalhães op.

Die vertoning, wat deel van die Endler-konsertreeks vorm, is Saterdag 8 September 20:00 in die Endlersaal.

Albei kunstenaars het weinig bekendstelling in Stellenbosch danksy hul voortreflike werk in die afgelope internasionale kamermusiekfees nodig.

Margulis is al uitgesonder vir haar uitdrukkingsvolle en meesterlike spel, en Magalhães het reeds internasionale bekendheid as solis, konsertpianis en onderwyser verwerf.

Die program sluit in Dvorak se vier romantiese stukke, Beethoven se vioolsonate op. 47 (Kreutzer), Ysaÿe se Poeme Elegiaque en Prokofiëf se tweede vioolsonate.

Dvorak het benewens die simfonie en bekende tjellokonsert ook heelwat kamermusiek nagelaat – werke waarin die ongekunstelde Tsjeggiese volksmusiek die grondslag vir sy kunsmusiek vorm.

Die gewildheid van Beethoven se Kreutzer-sonate is gelyktydig geleë in die stormagtige element, asook die intieme melodiese gehalte.

Dit is gepas dat ’n voorste violis soos Margulis ook ’n werk van Ysaÿe ingesluit het – ’n werk wat dié Belgiese meester se styl ten beste ten toon stel.

Uit Margulis se tuisland, Rusland, kom Prokofiëf se tweede vioolsonate, ’n werk waarin die komponis skynbaar in ’n meer optimistiese stemming is as elders in sy wydvertakte repertorium.

Kaartjies vir die vertoning is by Computicket te koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.