Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
US-koor in afsondering ‘saam’

Aangesien Suid-Afrika steeds in ’n staat van inperking is en streng veilige afstande tussen mense moet handhaaf, het die bekroonde koor van die Universiteit Stellenbosch (US) besluit om deur musiek hoop in die Covid-19-pandemie te bring.

Die koor het onlangs ’n nuwe virtuele musiekprojek, Die Donker, op sy YouTube-kanaal bekendgestel en het kykers reg oor die wêreld gaande gehad.

“Om eerlik te wees het ek nooit baie van ‘virtuele koorprojekte’ gehou nie aangesien dit meestal nie die ware essensie van koorsang vasvang nie,” het Van der Merwe gesê. “Soms word die klank so kunsmatig gemeng dat die emosie en siel van die sang skipbreuk ly. Saartjie Botha het my egter oortuig om so ’n projek te oorweeg. So het ek ontdek dat die US-koor in hierdie komplekse tyd wel ’n sinvolle nuwe podium kan skep om musiek met ons gehore te deel.”

Die musiek vir Die Donker is ’n verwerking van twee ikoniese Afrikaanse liedjies, “Die Gang” (Christopher Tor, uitgevoer deur Laurika Rauch) en “Klein Tambotieboom” (Die Heuwels Fantasties).

Van der Merwe sê hulle was gelukkig om ’n opname van een van hul Woordfees-konserte in Maart vanjaar te kry. “Ons het die 119 koorlede gevra om individuele video’s tuis op te neem. Ons het die klank met hierdie beelde gemeng, en sodoende het die luisteraars ’n visuele- en klankbeeld gekry wat baie na aan die outentieke siel van ons koor is.

“Die teks van die twee werke gaan oor lig in die donker. En dit praat so mooi van heimwee en verlange. Hierdie teks is uiters gepas vir hierdie tydperk waarin die pandemie reg oor die wêreld ’n lae moraal skep. Ons het gehoop om ons ondersteuners met hierdie twee werke te inspireer,” het Van der Merwe bygevoeg.

Oor die sukses van die video sê Van der Merwe dit is altyd wonderlik as mense jou werk waardeer. “ ’n Verrassing vir my was die ondersteuning uit die buiteland. Baie oorsese luisteraars het genoem dat hulle die Afrikaanse tekste bekoorlik vind. Daar is ook ’n aanvraag na die bladmusiek en die lirieke van reg oor die wêreld. Een man van Nederland het die Afrikaanse lirieke aangevra, want hy en sy vrou wou saam sing.

“Ek glo so ’n projek wys ons kunstenaars is aanpasbaar en ons is nie alleen nie. Uiteindelik het dit die koorlede ook die kans gegee om weer as ’n span saam iets te skep. En dit is ’n lekker gevoel, maar ook ’n sinvolle Plan B.

“Ons het ’n groot geleentheid misgeloop om in Julie vanjaar aan die Wêreldkoorspele in België deel te neem. Hierdie videoprojek is ’n klein troosprys en dit het ook die koorlede die geleentheid gegee om alles wat regtig vir hulle belangrik is, te heroorweeg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.