Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Verlede en hede ontmoet in gewaagde nuwe bundel

Helena Gunter het naam gemaak met haar debuutbundel Op ’n plaas in Afrika wat in 2008 met die Eugéne Marais-prys bekroon is. Abraham de Vries beskryf dié bundel as “ ’n draaipunt vir die Afrikaanse kortverhaal”.

Oor haar tweede bundel, Met koffer en kaart (2011), skryf Susanne Harper: “Die verhale in hierdie bundel skreeu, maar skitter.” Nou, met haar derde bundel, Tweespoor, waag sy dit in gevaarlike waters van die geheue om ’n problematiese hede te probeer verstaan.

Tweespoor jukstaponeer ’n spesifieke Suid-Afrikaanse verlede teenoor ’n stormagtige hede.

Tilla, een van die karakters in die bundel, is ’n Afrikaanse meisie uit ’n geslote plattelandse gemeenskap. Op die oppervlak het haar wêreld al die kenmerke van ’n plaasidille, maar die attensies van ’n skoolmaat se pa, ’n onvergenoegde ma en spanning in haar ouers se huwelik skep ’n onderstroom wat ’n vraagteken plaas agter ’n sogenaamde bevoordeelde bestaan.

Nog ’n karakter, die wit, middeljarige Fransina, bestorm die ruimtes van ’n eietydse Suid-Afrika met die oormoed van ’n volksmoeder op polvye – net om elke keer teruggedryf te word na plekke waar ander glo sy hoort.

Bevreemd en uitgelewer besluit sy om te verkas – nie na ’n ander land toe nie, maar van die aardbol af. Maar toe gaan kyk sy sterre . . .

’n Gratis bekendstelling van die bundel vind Saterdag 8 September om 10:00 by Drostdyteater plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.