Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Wees só deel van die fees

Is jy moeg daarvoor om “sticky notes” in die huis te plak met opdragte wat nooit uitgevoer word nie?

Hier is ’n geleentheid om jou kunstalent te deel. Die Suidoosterfees stel ’n opwindende nuwe inisiatief bekend: “Stickies en stukkies”.

Een van die aanbiedings op die feesprogram wat uitgestel moes word, trek ’n nuwe baadjie aan. Nou word die interaktiewe uitstalling met plakpapier­tjies aanlyn aangebied.

Die tema, “ ’n Verhoog is nie leeg nie”, simboliseer die magiese krag wat teater vir mense bied. Kunstenaars het geen vangnet gedurende die grendeltyd nie, maar nou kan die publiek saam met kunstenaars iets vir die uitstalling skep om hoop te bring.

Julia Cameron sê: “Kreatiwiteit is altyd ’n geloofstap. Jy word gekonfron­teer met ’n skoon papier, leë esel en ’n leë verhoog.”

Gebruik hierdie geleentheid om skeppend te wees en doen die volgende: V Maak ’n kunswerk op ’n plakpa­piertjie (7,6 cm x 7,6 cm) met die tema: “ ’n Verhoog is nie leeg nie”.V Neem ’n foto van jou kunswerk en deel dit op die Instagram- of Facebook-blad: #Suidoosterfees.V Bêre jou kunswerk veilig en hou die sosiale media dop vir inligting oor wanneer die volgende fees gaan plaasvind sodat jy jou kunswerk deel van die feesuitstalling kan maak.

Deelnemers het ’n kans om geskenkbewyse in ’n prystrekking te wen. Alle inskrywings kom in aanmerking vir Takealot-geskenkbewyse en deelnemers bo 18 kan wyngeskenk­pakke van Darling Cellars wen. Hierdie is nie ’n kompetisie nie, maar ’n geleentheid om deel te neem aan ’n aanlyn inisiatief en daarom is daar ’n prystrekking en nie wenners nie.

’n Tweede been van die inisiatief fokus op ’n verkoopsuitstalling. Professionele kunstenaars word aangemoedig om ’n skilderdoek (20 cm x 20 cm) te skep na aanleiding van die tema, en dit op die Instagram- en Facebookblad (#Suidoosterfees) te deel.

Werke sal deur Anne-Ghrett Erasmus, die fees se kunskurator, gekies word om by ’n verkoopsuitstalling ingesluit te word.

Vir nog inligting, kontak Faren Esau by Faren.Esau@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.