Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
50 Jaar gelede

Boukoors hoog op Kleinmond: Die boukoors op Kleinmond het die afgelope paar maande ’n hoogte­punt bereik en die een nuwe woning na die ander verrys op boupersele wat vroeër toegegroei met bosse en struike was. Boupersele word dan ook al skaarser, pryse styg nog steeds en party eienaars wil alleen verkoop as hulle ’n buitensporige prys kan kry.

’n Dogter vir Jackie en Bambi: Bambi, die mak grysbokkie van Mej. Elna en Marie Jordaan, het verlede week vir die derde keer binne drie jaar gelam en hierdie keer voor die dag gekom met ’n pragtige ooitjie.

Griep steek weer kop uit: Nadat daar gemeen is dat die griep uitgewoed is, het hierdie siekte weer kop uitgesteek en verskeie mense op die dorp was verlede week siek. Dit wil voorkom asof dit ’n kwaaier griep is as dié wat Hermanus vroeër in die winter getref het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.