Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
80 slange gevang tussen sy skoolwerk deur

Corné Uys, ’n graad 12- leerder aan die Hoërskool Hermanus, het die afgelope slangseisoen 80 slange in en om Hermanus gevang.

Die slangvang-gogga het Uys gebyt toe hy maar sewe jaar oud was. Hy het sedertdien nie weer teruggekyk nie.

“Die natuur- en veldlewe het my nog altyd na aan die hart gelê en dis waarom ek drie jaar terug voltyds slange begin vang het. Met voltyds bedoel ek so tussen die skoolwerk deur,” sê hy.

Hy het sy sertifikaat by die African Snakebite Institute gekry, wat hom toelaat om op ’n veilige manier slange te vang, hulle te rehabiliteer en dan weer in die natuur vry te laat.

“By my huis het ek tien houers waarin ek slange aanhou terwyl ek vir hulle wag om te herstel. In die slangwêreld is tien tenks eintlik baie min.

“Die slangseisoen, wat in Augustus begin en in Maart eindig, was ’n besige een. Ek het 80 slange gevang, onder meer Kaapse kobras, boomslange en rinkhalse.”

Hy vang nie net slange nie, maar besoek soms skole om leerders oor slange in te lig.

“Mense wonder altyd of ek bang is vir slange. Ek is altyd versigtig as ek met hulle werk, maar ek is gemaklik met slange,” sê hy.

Hy en sy pa het met vanjaar se Bettysbaai-brande in die brand-area ingegaan om skilpaaie te gaan red.

“Diere is my liefde en dis waarom ek volgende jaar meer wil leer oor die bekamping van renosterstropery.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.