Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jans Rautenbach kry FynArts Legacy-toekenning
Julia de Villiers (17), Jans Rautenbach, Willine de Villiers (15) en Barbara Davis, sekretaris en kultuurkoödineerder van Athlone School for the Blind. Foto’s: COLLEEN NAUDE / ANN WRIGHT

Die vader van die Afrikaanse-kunsrolprent is Saterdag met die eerste Hermanus FynArts Legacy-toekenning bekroon.

Met dié prys, wat voortaan jaarliks toegeken gaan word, word erkenning gegee aan iemand wat ’n uitsonderlike bydrae tot die kunste in Suid-Afrika gelewer het.

Mary Faure, direkteur en stigter van Hermanus Fyn­Arts, het die toekenning aangekondig net voor die première van Abraham, Rautenbach se eerste rolprent ná ’n stilte van 30 jaar. Sy het hom geloof nie net vir sy rolprentwerk nie, maar ook vir sy betrokkenheid by die arm gemeenskap in die omgewing van Vlakteplaas, naby sy huis, Oulap, in die De Rust-distrik in die Klein Karoo.

“Julle bliksems,” het ’n aangedane Rautenbach kwytgeraak toe hy die beeldjie, geskep deur Carole Harris, ’n kunstenaar van Hermanus, ontvang het. Benewens sy vrou, Almeri, en hul kinders, was twee van sy peetkinders, soos hy hulle noem, ook teenwoordig. Die susters is albei gesiggestrem.

Willine de Villiers (15), het onlangs op die paralimpiese spele vir skole drie goue medaljes in atletiek gewen, en Julia (17), wat net tussen lig en donker kan onderskei, het opleiding ontvang in aromaterapie, wat haar in staat sal stel om ’n inkomste te verdien.

Dit is maar twee van honderde kinders wat oor jare heen deur sy toedoen en meelewing gehelp is om uit die greep van armoede te ontsnap.

Die toestande waarin dié kinders grootword, is die agtergrond waarteen Abraham, wat op ’n ware verhaal gegrond is, afspeel

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.