Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Quantum Coachworks gekoop, oom John tree af
Die nuwe eienaar van Quantum Coachworks, Org May (regs), saam met John Dalhouzie.

Quantum Coachworks Paneelkloppers en Spuitverf is onlangs oorgekoop deur nuwe eienaar, Org May, en het hy vanaf Maandag 11 Mei voltyds die leisels oorgeneem.

Vorige eienaar, John Dalhouzie (72), wat die besigheid vir die afgelope 13 jaar besit het, het besluit dis nou tyd vir aftree.

“Ek sal nou maar begin om daai vakansie-aandele te gebruik en net bietjie te toer. Verder gaan ek en my vrou, Anita, hier in Hermanus aanbly. Ons het geen begeerte om êrens elders te gaan aftree nie. Sy werk nog in elk geval tans in Kaap. Vir rolbal en daai klas van dinge vind ek nie veel aanklank by nie. Daai tipe speletjies is mos vir oumense,” voeg oom John grappenderwys by.

Vir Org May, nuwe eienaar, het hy toevallig gehoor die besigheid is in die mark terwyl hy verskeie besigheidsgeleenthede ondersoek het.

“Ek kom vanuit ’n korporatiewe agtergrond, in dieselfde bedryf, maar as ’n nasionale invoerder en verskaffer van bakwerkherstel-toerusting en motorverf aan die paneelklop-bedryf. Ek het vir die afgelope vyf jaar as Besturende Direkteur opgetree by die maatskappy, na 25 jaar in die bedryf.

“Iemand het eendag vir my genoem van die besigheid wat oom John dink om te verkoop, en ek het sommer net op ’n dag koud by sy kantoor ingeloop na ’n besigheidsbesoek in die area en myself voorgestel waarna ons begin gesels het. Nou ja, soos hulle sê, die res is geskiedenis.”

Volgens May het oom John ’n baie goeie grondslag gelê en sien hy uit om voort te bou daarop.

“My top prioriteite is kliënte-tevredenheid en om te leef by etiese waardes. Met daardie twee beginsels kan jy op enige plek goeie besigheid doen. Al is my vrou, Madeleine, tans nog werksaam in die Kaap as ’n rekenaarprogrammeerder, gaan ek fisies elke dag hier by die besigheid wees.”

Quantum Coachworks is ook ’n gesertifiseerde lid by RMI (Retail Motor Industry) asook SAMBRA (South African Motor Body Repairers Association) wat onder andere beteken dat hulle slegs aanbevole en goedgekeurde herstel-toerusting mag gebruik en aan al die ander nodige lidmaatskap-vereistes, wat etiese kodes insluit, moet voldoen. Verder is hulle ook goedgekeur deur al die groot versekeringsmaatskappye.

Vir kwotasies of enige ander navrae, kontak hulle gerus by 028 313 2162

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.