Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlantics R10 000 beboet

Atlantics RVK van Mount Pleasant is verlede week ’n boete van R10 000 by ’n tugverhoor van Boland-rugby opgelê.

Die moeilikheid het begin toe Atlantics en die Black Leaves Saterdag 10 Augustus in ’n geveg ná ’n wedstryd in Gansbaai betrokke was.

Volgens Roger Brett van Black Leaves het die moeilikheid glo begin toe die skeidsregter Noël Fick van Atlantics met ’n geelkaart afgestuur het.

Hy het die geelkaart en toe ’n rooikaart geweier. Die twee spanne het mekaar in die hare gevlieg, maar dit was eers ná die wedstryd dat die vonke regtig gespat het.

Diamian Marthinus, ’n speler van Black Leaves, is ná die wedstryd hard gemoker en hy moes oor ’n heining spring om weg te kom.

Kobus Vergotine, bestuurder van Boland-klubrugby, het bevestig die hele Atlantics-span is tot die verhoor, wat Donderdag 22 Augustus gehou is, geskors.

“Al wat ek op die oomblik kan sê, is dat Atlantics R10 000 beboet is,” sê Vergotine.

Diamian Marthinus, die speler van Black Leaves wat so hard geslaan is, het verlede week weer vir sy span uitgedraf.

Volgens ’n spanbestuurder van Black Leaves is al die steke uit Marthinus se linker- oogbank verwyder en “hy het ná die voorval darem ’n week gehad om te rus”.

Atlantics is vir kommentaar genader nadat die klub met R10 000 beboet is, maar het ’n onderhoud van die hand gewys.

Atlantics se wedstrydverpligtinge vir die seisoen is nou afgehandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.