Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Baba in polisiekantoor gevang

’n Seuntjie is Woensdag 27 Februarie in die Kleinmond-polisiekantoor gebore.

Christene Galant, ’n opgeleide tuisversorger, het gehelp met dié onverwagte bevalling.

“Dit was die heel eerste keer dat ek iemand help geboorte gee en al wat ek kan sê, is dat dit ’n wonderlike ervaring was.”

Galant het aan Hermanus Times vertel sy het by ’n vriendin gekuier toe sy omstreeks 18:28 ’n oproep ontvang om dadelik polisiekantoor toe te gaan. “Ek kon ’n geskree in die agtergrond hoor en al wat ek meegedeel is, is om mediese handskoene saam te bring.”

Met haar aankoms by die polisiekantoor het sy tot haar verbasing ’n vrou teëgekom wat in kraam was.

“Ek het nie gehuiwer nie en dadelik aan die werk gespring.” Galant sê sy het komberse onder die vrou se rug geplaas om haar so gemaklik as moontlik te maak. Die vrou het gesê sy voel drukking en ek het verduidelik dit is tyd om te druk.”

Die baba se koppie het te voorskyn gekom en Galant het opgemerk dat die gesiggie blou is.

“Die naelstring was om die baba se nek en ek het dit losgewoel.”

Die babaseuntjie is 18:45 gebore – skaars 15 minute nadat Galant daar aangekom het.

Volgens Maret Lesch, assistent-direkteur vir kommunikasie, is die ma en baba met ’n ambulans na die Hermanus-hospitaal geneem.

“Hulle was in ’n goeie toestand en gesond en is kort daarna uit die hospitaal ontslaan,” sê Lesch.

“Die Wes-Kaapse regering wil die ma en haar nuwe baba geluk wens en haar aanmoedig om haar naaste kliniek te besoek vir raad en hulp met borsvoeding en inenting.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.