Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende inwoner sterf in botsing

’n Bekende en geliefde inwoner van Gansbaai is Sondagoggend tussen Villersdorp en Worcester tragies in ’n motorongeluk oorlede.

Die 69-jarige Julia Wilson was saam met haar man, Tommy, die hoof van Gansbaai Academia, van Gansbaai na Worcester op pad om die afskeidsdiens van sy broer, ds. Jeff Wilson van die Calvyn Protestante Kerk, by te woon.

Julia, of Julie soos sy alombekend onder vriende en familie was, is as ’n nooi Le Roux in Oudtshoorn gebore en het ook dáár grootgeword. Nadat sy haarself as LO-onderwyser bekwaam het, was sy ’n dosent aan die Opleidingskollege Suid-Kaap (OKSK) en ná haar troue met Tommy het die egpaar na Worcester verhuis waar sy dosent aan die Söhnge-opleidingskollege was tot met die uitfasering van Söhnge, wat Boland Kollege geword het.

Daarna het sy by African Bank gaan werk voordat sy saam met haar man na Gansbaai verhuis het waar hy as hoof van Gansbaai Academia aangestel is, nadat hy vir baie jare aan Worcester Sekondêre Skool verbonde was. Hiér het sy weer begin skoolhou en was sommer gou ook baie geliefd onder die gemeenskap van Gansbaai.

Julie is deur almal met wie sy te doen gehad het, as ’n omgeemens by uitstek beskryf. Sy was met hul verblyf in Worcester nou betrokke by gemeente aktiwiteite van die Calvyn Protestante Kerk. Nie net het sy (nes haar man) ook op die kerkraad van die gemeente gedien nie, maar was sy ook ’n aktiewe lid van die gemeente se vrouevereniging en ’n raakvatter soos min by gemeente gesellighede.

Sy was ook die trotse ma van ’n seun, Woodrow, deesdae ’n prokureur van beroep.

Tommy is ná die ongeluk Sondag aanvanklik met veelvuldige beserings in Mediclinic Worcester opgeneem.

Hy is Sondag na die Cape Gate- mediese sentrum oorgeplaas waar ’n noodoperasie Sondagaand op hom uitgevoer is.

Vanweë die aard van sy beserings is geen finale begrafnisreëlings nog vir Julie getref nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.