Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Belê só in die toekoms

AfriForum se Overstrand-tak het onlangs, as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand-projek, vyf wildevy- en waterpeerbome by die Hoërskool Hermanus geplant.

“Ons bedank elkeen wat tot die suksesvolle afloop van die projek bygedra het. Die skool en sy leerders was baie opgewonde om die bome te plant,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Volgens Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, is dit ’n geloofsdaad vir die toekoms om ’n boom te plant. “Wanneer jy ’n boom plant, weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar jy vertrou jou kinders en kleinkinders gaan dit wel geniet.

“Vanjaar wil ons takke en gemeenskapslede in die land aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant,” voeg Van Heerden by.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak.. SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.