Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beraders onmisbaar

Elke polisiekantoor is veronderstel om ’n veilige mooi vertrek te hê waar slagoffers van onder meer seksuele misdade kan sit en hul verklaring aflê asook verdere hulp en ondersteuning ontvang.

’n Verslag van die polisieombudsman in die Wes-Kaap, Johan Brand, wys egter dat alhoewel daar by 81% van kantore wel só ’n kamer is, is daar by talle van hierdie persele nie beraders byderhand nie. Brand het verder bevind dat polisielede nie die nodige opleiding ontvang om ondersteuning aan slagof­fers te bied nie. Die verantwoorde­likheid om hierdie probleme reg te stel, lê by die polisie. Die gemeenskapspoli­siëringsforums het egter ook ’n rol om te speel. Beraders is onmisbaar. Ons moet dus as gemeenskappe hande met die polisie vat om beraders te identifi­seer en te vergoed vir die belangrike rol wat hulle vervul. Die GPF kan hier die voortou neem en geld insamel vir ver­goeding aan beraders om die slagoffers van seksuele misdrywe by te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.