Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek vol aksie

De Wet Hugo se nuwe boek, Kies-Jou-Avontuur, is nou beskikbaar. Rick Marais het met hierdie skrywer gesels.Vertel vir ons in kort waaroor gaan jou nuwe boek?Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde gaan oor Gretha, ’n jong tienermeisie wat by haar pa, stiefma en ouer stiefsuster woon, terwyl haar eie ma oorsee werk. Ná ’n onderonsie probeer Gretha haar stiefsuster se gunstelingsprokieboek skeur, maar dan word sy en haar beste vriend, Hannes, na die koninkryk van Fantastorië geteleporteer. Daar vertel die Towerspieël hulle dat hulle slegs terug huis toe sal kan gaan, indien hulle vier spesiale legkaartstukke vind. Hulle ontmoet baie sprokieskarakters, maar die meeste is glad nie dit wat Gretha kleintyd vertel was hulle is nie. Die sprokieswêreld is ’n gevaarlike plek en Gretha sal slegs met die hulp van die leser veilig by die einde kan uitkom.Waar het jy opgekom vir idees vir die nuwe boek? Van kleins af al hou ek van sprokies en stories gegrond op sprokies. Ek het eers op die titel van hierdie boek besluit en toe die idee gekry om sprokies in die storie te gebruik. Ek het redelike goeie kennis van sprokies, selfs die minder bekendes, maar ek moes steeds navorsing doen. Ek het begin deur Marita van der Vyver se Die Volledige Sprokies van Grimm te lees, toe kyk ek die Nippon Animation-reeks Grimm’s Fairy Tale Classics op YouTube, daarna het ek aanlyn opgelees oor Hans Christian Andersen en Charles Perrault se sprokies, en laaste het ek die Arabiese sprokies Duisend-en-een-nagte nagevors. Verduidelik die skryfproses van die boek. Het jy dit in Suid-Afrika geskryf? Ek het hierdie boek in Saoedi-Arabië gedurende die inperking geskryf, maar die derde boek in die reeks, wat in Junie vanjaar verskyn, het ek in Oktober en November 2020 in Suid-Afrika geskryf.Wanneer is die boek beskikbaar? Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde sal van 20 April af in alle toonaangewende boekwinkels asook aanlyn beskikbaar wees. Dit kan nou reeds bestel word by Loot, Graffiti Boeke, Uppercase Books en enige ander boekwinkel.Ek sien die boek het ’n klomp verskillende eindes en die leser kan kies watter einde hy/sy wil hê. Hoe werk dit? Aan die einde van die meeste hoofstukke moet die leser die karakters help deur ’n keuse namens hulle te maak. Indien die leser die verkeerde keuse maak, kan die karakters hulle dalk in vreeslike gevaar vasloop en dan een van die meer as 30 eindes van die storie bereik. Hierdie soort boek werk soos ’n speletjies waar die speler gereeld game over beleef, maar net weer oor kan begin. Dit beteken entoe­siastiese lesers kan hierdie boeke oor en oor lees. Vertel van die karakters in jou nuwe boek. Wat het elkeen van die karakters inspireer? Gretha, die hoof­karakter, is pas hoërskool toe en terwyl haar eie ma oorsee werk, woon sy by haar pa, stiefma en stiefsuster, Sybil. Die feit dat haar pa se nuwe vrou en Sybil baie gaaf met haar is, verwar Gretha, want sy het in sprokies geleer dat stief­ma’s en stiefsusters aaklig is. Boonop voel dit vir Gretha asof sy haar ma in die rug steek. Haar beste vriend, Hannes, is ’n normale tienerseun – iewers tussen kind en jongman. Hy gee baie om vir Gretha. Die derde grootste karakter is Kabous, die kabouter wat Gretha en Hannes in Fantastorië, die sprokies­wêreld, ontmoet. Kabous is ’n regte knorpot, maar is soms baie snaaks en Gretha kom gou nader aan hom. Die res van die karakters is bekende spro­kies­­karakters, maar hulle karakter­eien­skappe en persoonlikhede is glad nie wat die leser sal verwag nie. Ek wou graag doodgewone hoofkarakters skep, maar dit was belangrik vir my om ’n dieper kwes­sie ook aan te spreek, soos Gretha wat die egskeiding van haar ouers beleef en nou stieffamilie het. .Lees die volledige onderhoud op Netwerk24.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.