Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boerdery lê Samuel na aan die hart

Ná 43 jaar as voorman by Hamilton Russel-wynplaas in die Hemel-en Aarde-vallei het Samuel Swarts besluit dis tyd om af te tree.

Swarts verduidelik dat hy sedert die ontstaan van die plaas in 1975 dáár begin werk het en altyd ’n passie en liefde vir boerdery gehad het.

Swarts het nie noodwendig opleiding gehad toe hy op die plaas begin werk het nie, maar dit het hom nie onder gekry nie.

“Soos die jare aangeloop het, het ek elke dag ondervinding opgedoen en dit was vir my ’n opwindende uitdaging,” vertel Samuel.

Hy is nie een oomblik spyt oor sy verbintenis met die wynplaas nie en volgens hom was dit lekker. “Dis lekker vir my om met mense te werk en die jong mense ’n ding of twee te leer.”

Hy sê boerdery en wynmaak was nog altyd een van sy passies. Samuel was ook een van die eerste werkers op Hamilton Russel.

Dié wynplaas was die heel eerste boerdery in die Hemel-en-Aarde-vallei wat wingerd geplant het.

Wyle Tim Hamilton het die pioniersbesluit in 1975 geneem om wingerd te plant.

Samuel het mense sien kom en gaan. “Wat vir my ’n hoogtepunt was, is hoe uitbreiding op die plaas verloop het met tyd en hoe dinge verander het.

“My eerste salaris was R17,50 ’n week en in daai tyd was dit baie geld, ek kon ’n motor koop.”

Op die ouderdom van 65 bring Samuel sy tyd rustig by sy plaashuis deur en gee hy graag raad aan almal wat aan sy deur klop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.