Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Botsing eis man se lewe

Een man is dood en nog twee lig beseer toe hul voertuie Maandagmiddag in die draai by Hawston gebots het.

Hoewel die ongeluk kort ná 13:00 gebeur het, is die toneel eers ná 15:00 opgeruim. In dié tyd het verkeer op die R43 tussen Hawston en Vermont erg opgehoop. Die verkeersbeamptes en polisie het verkeer reguleer.

Kapt. Fadila September, woordvoerder van die Hermanus-polisie, het gesê ’n maroenkleurige Renault Kwid het uit Hawston se rigting gery toe dit ’n wit afleweringsvoertuig wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, getref het.

“Die bestuurder van die maroenkleurige motor is weens die impak van die botsing uit sy voertuig geslinger. Die erg beseerde man is per ambulans hospitaal toe vervoer, maar het later gesterf,” het September gesê.

’n Woordvoerder van EMR private ambulansdiens het bevestig dat hulle die bestuurder van die rooi Renault met kritieke beserings na die Mediclinic Hermanus vervoer het.

“EMR het ook die vroulike passasier, sowel as die bestuurder van die bakkie, hospitaal toe vervoer,” het die woordvoerder bygevoeg. Albei insittendes van die bakkie het geringe beserings opgedoen. Die bestuurder van die Renault het egter in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die oorledene is geïdentifiseer as Cassim Omarjee (44) van Kaapstad. September het bevestig dat ’n strafbare manslag-dossier aangelê is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.